Groot asseblief speel vir ons meer van die Klipwerf boere orkes se Gospel opnames op Radio Ligstraal?
Sept. 24, 2016, 1:51 p.m. GMT
Guest
Kan Radio Ligstraal groot asseblief meer van Leon Goosen, Willie Joubert, Janita Claassen, Rina Hugo, Melanie Steenkamp, Reana Nell, Retief Burger, Hillsong, Danie Botha en Louis Brittz se musiek speel? God bless.
Sept. 14, 2016, 3:27 p.m. GMT
Guest
Ek hou duim vas vir Radio Ligstraal dat julle sommer een van die dae 'n DSTV audio kanaal gaan kry. Baie SA radio stasies het deesdae DSTV audio kanale waarop mens hulle op DSTV kan luister. Dit sluit al die SAUK stasies asook party plaaslike radio stasies in. Ons het meer stasies soos julle nodig op die DSTV audio platvorm om die goeie nuus van Jesus selfs deur DSTV audio kanale te verkondig. Hou aan om God se werk te doen met die Gospel musiek en Christelike progamme wat julle uitsaai.
Sept. 8, 2016, 2:23 p.m. GMT
Guest
Die Hannes Schoeman musiek wat julle vanmiddag speel is voorwaar baie mooi Geestelike musiek. Ek weet nou dat julle wel Afrikaanse Gospel ook speel. Hou aan om die Afrikaanse en ook die Engelse Gospel te speel en die Woord van God te verkondig. Die wêreld het nodig om die goeie nuus van Jesus Christus te hoor.
Sept. 7, 2016, 3:17 p.m. GMT
Guest
Speel Radio Ligstraal Afrikaanse Gospel musiek ook? Ek is 'n baie groot aanhanger van die Afrikaanse sowel as die Engelse Gospel musiek. Ek het op julle webtuiste probeer soek vir 'n program skudule, maar kon niks vind nie. Wil julle nie asseblief vir ons 'n program skudule gee nie sodat ons kan sien watter programme op watter tyd uitsaai? Baie dankie en God bless.
Sept. 6, 2016, 10:33 a.m. GMT
Guest
Ek het Radio Ligstraal nou net vir die eerste keer op die internet gevind. Ek wil net vir julle sê ek hou baie van wat ek hoor. Hou aan om die Woord van die Here deur middel van internet radio uit te dra en God seën Radio Ligstraal.
Continue listening to your favorite stations anytime, anywhere.
This website uses cookies for analytics and personalization. Click here to learn more or change your cookie settings. By continuing to browse, you agree to our use of cookies.